ons dienste

krosie tuiste Nasorgsentrum

Skuilkrosies beskik oor ‘n nasorgsentrum wat vanaf
12:30 - 17:30 (voldag-kleuters) bedryf word.

Die bestuurder en assistente begelei vryspel, eetgewoontes en koesteraktiwiteite.

Kleuters ontvang ook
middagetes en peuselhappies.

Krosie Tuiste Personeel

Skuilkrans_Kleuterskool_shoot_18_Sept_2025-42 - edit

Jana
Vosloo

Skuilkrans_Kleuterskool_shoot_18_Sept_2025-48 - edit

Samantha
Venter

Leonore Pieterse

Leonore
Pieterse

Megan van der Westhuizen

Megan
van der Westhuizen

Emosionele Reguleringsprogram

Ons is opgewonde om EQ4Kids te verwelkom by Skuilkrosies. Hierdie emosionele intelligensie program vir kinders tussen 2 en 5 jaar help jou kind om hul emosies te herken, emosies en hul gevolge te verstaan en te leer hoe om emosies uit te druk en te reguleer. Die program help ons kleuters ook om belangrike lewensvaardighede aan te leer.

Copy of Facebook Posts
Copy of Facebook Posts (1)

pediatriese Arbeidsterapie

  • Gebruik Sensoriese Integrasie Tegnieke
  • Dienste beskikbaar by skole en privaat praktyk
  • Sensoriese stimulasie groepe
  • Bevorder skoolgereedheid
  • Kinders tussen die ouderdom

Chrisné Niebuhr

Ek is 'n pediatriese arbeidsterapeut met 'n intense passie vir kinders en het ‘n sterk begeerte om hulle te help om in hul daaglikse lewe te floreer. Ek streef daarna om elke kind te help om die sleutel te vind om hul volle potensiaal te ontsluit. Ek het ‘n besonderse belangstelling in skoolgebaseerde probleme en sensoriese verwerkingskwessies. My geduldige en sorgsame benadering skep ‘n veilige ruimte waar kinders met ontwikkelings- en gedragsuitdagings kan leer en die uitdagings wat hulle by die skool ervaar, kan verwerk en hanteer. Ek maak gebruik van Sensoriese Integrasie tegnieke en 'n speelgebaseerde benadering om optimale leer te fasiliteer en kinders te help om effektief te reageer op sensoriese stimuli, alles terwyl hulle lekker speel en pret kan hê.

057 skuilkrans vko

gratis buitemuurse program

  • balance

    Grootmotoriese Oefeninge

    Ons Grootmotoriese Oefeninge vind plaas gedurende Kwartaal 1. Grootmotoriese oefeninge bevorder kleuters se fisiese ontwikkeling, spierkoördinasie en balans, terwyl dit ook die grondslag lê vir fynmotoriese vaardighede.

  • theater

    Drama-Llama Klasse

    Ons Drama-Llama klasse vind plaas gedurende Kwartaal 2.
    Drama-Llama klasse help met taalontwikkeling en die ontwikkeling van ‘n gesonde selfbeeld.

  • engineer

    Robotika

    Ons Robotika buitemuurs vind plaas gedurende Kwartaal 3. Robotika bevorder kleuters se Wiskundige patroonherkenning en probleemoplosvaardighede.

Buitemuurse Aktiwiteite

Daar is geleentheid om teen ‘n ekstra koste per maand aan hierdie aktiwiteite deel te neem:

  • Playgolf

  • Playball

  • Just Click

  • Dans / Ballet

  • Krieket

  • Rugby

  • Netbal

  • Monkeynastix

  • Wit Jassies

  • Miki Maths

  • Little Chef

  • Gimnastiek

  • Tiny Picasso

  • Sokker

  • Pottery