oor ons

Facebook Posts (2)

Ons Geskiedenis

Skuilkrosies het in 2013 sy deure in die huidige gebou geopen met ’n warm visie om jong kindertjies ’n veilige, liefdevolle leeromgewing te bied. In daardie jaar het ons 143 kleuters in ses klaskamers verwelkom, ’n mylpaal wat die begin van ons groeiende, hegte gemeenskap gemerk het. Sedertdien bou ons voort op dieselfde waardes van sorg, ontwikkeling en kwaliteit vroeë kinderopvoeding wat vanaf die eerste dag ons fondament gevorm het.

Onderwysmodel en benadering

  • happy-children

    Holistiese benadering

    Ons volg ‘n holistiese benadering. Ons kleuters werk in rotasiestasies waar daar gelyktydig ‘n gemiddeld van vier tot vyf verskillende leergeleenthede plaasvind. Ons bekwame, gekwalifiseerde personeel gebruik geïntegreerde leer om ons kleuters te ontwikkel op ‘n speelse, interessante en ouderdomstoepaslike wyse.

  • swing-chair

    Dagprogram

    Ons dagprogram is met baie kundigheid en fyn oordeel uitgewerk om te verseker dat elke kleuter optimaal kan ontwikkel en ‘n gelukkige skooldag kan geniet.

  • 4-seasons

    Temas en Onderwerpe

    Dis uiters belangrik dat ‘n liefde vir ontdekking en leer gekweek moet word en om te verseker dat elke kleuter betrek word by die daaglikse aktiwiteite wat deur die skool aangebied word. Hiervoor gebruik ons temas en onderwerpe, omdat dit outomaties ‘n nuuskierigheid en belangstelling prikkel by die kleuters.

  • kids

    Ontwikkeling

    Ons benader elke taak as ‘n ontwikkelingsproses, en werk nie net vir ‘n einddoel nie. Daar sal nie gereeld ‘n inkleurprent of “juffrou werkie” in jou kind se tas wees nie. Somtyds gaan ouers niks huis toe kry nie, want die leerproses het in skeerroom of sand plaasgevind. Voorskoolse kleuters moet skep en kreatief wees en op 3D vlak werk en met verskeie mediums eksperimenteer.

  • family

    kurrikulum raamwerk

    Ons Graad RRRR - Graad RR maats volg die VLOA nasionale kurrikulum raamwerk wat fokus op ses vroeë leer ontwikkelingsareas, naamlik: welstand, identiteit en samehorigheid, kommunikasie, verken wiskunde, kreatiwiteit en kennis en begrip van die wêreld.

  • climbing

    Ontwikkelingsmylpale

    Daar word geen druk op kleuters geplaas nie, en hul kry die geleentheid om elkeen volgens hul eie tempo te ontwikkel. Daar is egter sekere ontwikkelingsmylpale wat aanduiding kan gee indien ‘n kleuter ekstra ondersteuning benodig. Indien juffrou aanbeveel dat ‘n kind vir ’n spraak- of arbeidsterapie evaluasie gaan, beteken dit dat sy opmerk dat daar addisionele ondersteuning in ‘n ontwikkelingsarea benodig word. Ons wil elke kleuter die geleentheid gee om die beste voorskoolse vaardighede aan te leer wat hy/sy moontlik kan.

Dagprogramme

GR RRRR

TYD

AKTIWITEIT

06:45 - 08:00

AANKOMS EN VRYSPEL (BINNE / BUITE)

08:00 - 08:20

ONTBYT

08:20 - 08:45

GROETTYD / REGISTER / NUUS / BYBEL / WEERKAART

08:45 - 09:00

BUITESPEL (“ASEMSKEP”)

09:00 - 09:25

VERVERSINGS / ETENSTYD

09:25 - 10:00

TEMABESPREKING / HOOFAKTIWITEIT

10:00 - 10:45

BUITESPEL (“ASEMSKEP”)

10:45 - 11:30

PEUSELHAPPIE / STORIETYD

11:30 - 13:30

SLAAPTYD VIR PEUTERS

12:00

HALFDAG MAATS VERDAAG

GR RRR & RR

TYD

AKTIWITEIT

06:45 - 07:45

AANKOMS EN VRYSPEL (BINNE / BUITE)

08:00 - 08:40

GROETTYD / REGISTER / NUUS / BYBEL / WEERKAART

08:40 - 08:50

TOILETROETINE

09:20 - 09:50

VERVERSINGS / ETENSTYD

09:20 - 09:50

TEMABESPREKING

09:50 - 10:50

BUITESPEL

10:50 - 11:50

HOOFAKTIWITEIT

11:50 - 12:05

BUITESPEL

12:05 - 12:25

STORIETYD

12:25 - 12:35

AFSLUITING EN VERTREK

verdaagtye

Om werkende ouers wat reeds vroeg by die werk moet wees tegemoet te kom, is daar reeds van 06:45 toesig op die skoolterrein.

Aangesien die opvoedkundige program 08:00 begin, sluit die toegangshekke stiptelik om 07:45 en word eers weer 12:30 oopgesluit.

Copy of Facebook Posts (3)

kommunikasie

U kleuter se gedrag, deelname aan die uiteengesette aktiwiteite en ontwikkeling sal deurentyd objektief waargeneem word en opvoedkundige kommentaar en wenke sal waar nodig, en indien verkies, verskaf word. Aan die einde van ‘n kwartaal ontvang ouers ‘n kwartaalverslag wat duidelik aandui hoe dit met jou kind se ontwikkeling en deelname gaan. Ouerdae bied verdere geleentheid om die kleuters se vordering en enige ander sake, sonder hul teenwoordigheid, te bespreek en ook om inligting rakende die skool te deel.

weekbriefies

Ons werk absoluut ouderdomsgerig, daarom is daar ‘n individuele weekbrief per graadgroep. In die briefie kan ouers duidelik sien waarop daar gefokus word in die klas. Ons vra dat ouers en kleuters deelneem aan ons temas en dat ouers betrokke raak by u kind se leerproses en ontdekkingsreis. Ouers is welkom om voorstelle te maak of self iets te kom aanbied by die skool wat verband hou met ons temas.

Copy of Facebook Posts (2)